Month: April 2019

Swak voorbeelde

’n Dame in Oregon is aangekeer toe sy oor die 200 kilometers per uur gejaag het, met haar kleinseun in die motor by haar. Toe sy deur die verkeerspolisie voorgekeer is, het sy gesê dat sy eintlik net besig was om haar kleinseun te leer dat hy nooit so vinnig moes ry nie. Sy wou seker hê hy moes doen…

Die geheime vertrek

Daar is mense wat diepe behoeftes het, baie, baie diep. Die digter Alfred Tennyson, het geskryf: “Nooit het die oggend aand geword, of iewers is daar iemand wie se hart gebreek het.” Somtyds verkeer ons in gesprek met vriende wat deur diepe beproewinge gaan en dan voel dit vir ons asof ons nie weet wat om vir hulle te sê…

’n Verkeerde lesing.

William Scoresby was ’n Britse ontdekkingsreisiger in die 19de eeu en hy het op God se roepstem reageer en leraar geword. Hy het egter sy belangstelling in navigasie en kompasse behou, selfs terwyl hy in die bediening gestaan het. Sy navorsing het tot die ontdekking gelei dat alle skepe, wat van staal gebou is, die lesing op kompasse kan beïnvloed…

Help om liefde te laat toeneem

’n Jong man het aan sy pa gesê: “Pa, ek gaan binnekort trou.” “Hoe weet jy dat jy al gereed is vir die huwelik, Ron?” het sy pa gevra. “ Is jy verlief?” “Ja, Pa, ek is.” Toe vra sy pa: “Maar hoe weet jy dit? Hoe weet jy dat jy regtig verlief is?” “Laasnag toe ek my meisie gegroet…

Die skat en die kruike

Dit word gesê dat die Romeinse Ryk op olyfolie gefunksioneer het. Dis gebruik om te kook, om in te bad, as medisyne, vir sekere seremonies, in lampe en as grimeermiddel. Vir dekades is olyfolie vanaf die suide van Spanje na Rome verskeep in groot houers wat amphorae genoem is. Daardie houers is nie teruggestuur nie, maar eenkant gegooi en naderhand…

Agente vir verandering

Na vier jare in die kweekskool het ek my eerste bediening ingestap met baie op my agenda. As ’n nuwe pastoor het ek my verbeel dat dit my taak is om die hele omgewing te verander. Maar in plaas daarvan het God daardie gemeente gebruik om my te verander. Die raadslede was ondersteunend, maar ek moes baie leer en hulle…

Onsigbare werkers

Terwyl ek besig was om my naels te versorg, het ek skielik my regterhand baie jammer gekry. Dit moet al die werk doen, terwyl my linkerhand die meeste aandag kry. My regterhand wend naellak aan die naels van my linkerhand, terwyl my linkerhand nie die vermoë en koördinasie het om dit vir my regterhand te doen nie. Die naellak aan…

Hy slaap nooit nie

Kameelperde slaap die minste van alle soogdiere. Hulle slaap tussen 10 minute en 2 ure elke 24 uur periode en die gemiddeld is 1,9 uur slaap elke 24 uur. Die kameelperd het nie veel met ons as mense in gemeen nie, want as ons so min geslaap het, sou dit waarskynlik beteken dat ons aan een of ander vorm van…

Die verkeerde goed

Dit was ’n eenvoudige takie, maar tog skynbaar te moeilik vir my. Een van die items op my vrou se lys was sojasous. Ek het egter nie geweet watter soort sojasous Sue in gedagte gehad het nie. Nadat ek in die kruidenierswinkel op en af gestap het en naderhand hulp by die assistent gevra het, het ek sommer die eerste…

’n Gedenkteken

Die Taj Mahal in Indië is ’n pragtige mausoleum. Dis geheel en al van wit marmer gebou. Die keiser, Shah Jehan, het dit laat oprig ter gedagtenis aan sy vrou wat baie skielik oorlede is. Dit het 22 jaar geneem om dit te voltooi. Jaarliks besoek miljoene toeriste hierdie gedenkteken wat die keiser laat oprig het ter gedagtenis aan die…